Jesus leer ons in Matthéüs 6:11 om te vra vir ons
daaglikse brood. Let daarop dat Jesus nie gesê het ons moet vra vir ons maandelikse
of jaarlikse brood nie maar ons moet daagliks om ons daaglikse brood vra. Ons
verloor so maklik oog op God se getroue voorsiening en laat toe dat vrese ons
oorweldig. Glo my vry net soos God elke dag ons fisiese brood voorsien sal hy
ook ons geestelike brood aan ons voorsien. Ons moet egter elke dag vra want dit
hou ons nederig en afhanklik van God. Psalm 34:8. God wil aan al ons behoeftes
voorsien maar gaan dit nie doen as ons nie vra nie. Matthéüs
6: 24-34 en Jakobus 4: 1-3
Die storie van Rut openbaar aan ons hoe God ons geestelik
voed. Dit bewys ook God se genade aan ons en hoeveel liefde en deernis God met
elke mens op aarde het. Rut n’Moabied (gebore
uit die nageslag van Lot, Abraham se kleinneef) trou met Elimêleg
se seun n’Israeliet. Uit Rut se nageslag word koning Dawid en ook die Mesias –
Jesus Christus gebore. Dit is merkwaardig om te dink dat Rut soveel genade in
God se oë
gevind het. Mens moet regtig in die geskiedenis van die Moabiete indelf om die
waarde van die boek Rut te begryp en te wardeer.
In Génesis 19 lees ons van Sodom en Gomorra se oordeel, Lot se
redding deur die engele, die verwoesting van die twee stede en hoe Lot se vrou
n’soutpilaar geword het. Lot se dogters het saam met hulle vader in n’grot
gewoon en geglo dat hulle nie mans sou hênie. Hulle het Lot wyn ingegee en met
hom gemeenskap gehad. Die oudste dogter het aan n’seun geboorte geskenk wat sy
Moab genoem het Genesis 19: 30-38. In Númeri 22, 23 en 24 lees ons hoe die
koning van Moab vir Bileam n’waarsêer laat kom om Israel te vervloek. Die
Here het egter die vloeke in seëninge verander. Na die planne van
koning Balak misluk het, het die Moabietiese vrouens die Israeliete mans verlei en hoerery met
hulle bedryf. Dit het ook veroorsaak dat die Israeliete Moab se afgode gedien
het. n’ Vloek het oor die Israeliete losgebars en daar was n’plaag onder die
Israeliete, Numeri 25. Agv die vloeke wat Balak oor Israel wou spreek en die
verleiding van die Israelietiese mans maak God dit in Deuteronómium
23:3 -6 baie duidelik dat geen Moabied in die vergadering van die Here mag kom
nie, nie eers in hulle tiende geslag nie. Dus sou n’huwelik met n’Moabietiese
vrou glad nie aanvaar of toegelaat word nie. God neem Rut, n’Moabied en bring uit
haar nageslag die Messias voort sodat Jesus Christus selfs vir Lot se nageslag se
sondes versoening kan doen. Net God kan familie vloeke in seëninge
verander!
Dit is weereens n’bewys dat ons as mens klein en nietig is.
Ons sal nooit God se werke kan verstaan of sonder openbaring begryp hoe groot ons
God is nie. Here ons kan U net loof en prys! Dankie vir die openbaring Here.
Satan het gedink hy wen Lot se nageslag vir hom maar God het hulle verlossing
moontlik gemaak. God het elke volk en elke nasie se verlossing vooraf by sy
planne ingesluit. Satan kan letterlik op geen volk, nasie of stam aanspraak
maak nie. Dit maak nie saak hoe hy hulle besoedel het deur afgode of sonde nie,
God het hulle wetiglik losgekoop.
In die boek Rut lees ons hoe Rut saam met Naómi
haar skoonmoeder terugkeer na Israel. Rut los haar volk en haar gode en is
bereid om Naomi se volk te aanvaar en God te dien. Beide vrouens was weduwees en het geen
inkomste gehad nie. Die wette soos deur Moses aan die volk gegee, het
voorsiening gemaak vir die versorging van weduwees, wees kinders en armes. Rut het volgens die wet in Deutronomium 24: 19
koring are gaan optel sodat sy brood vir haar en haar skoonmoeder kon bak. Rut het nie net in enige land are gaan optel
nie, maar in Boas se land. Boas was n’familielid van Elimêleg
en so ook n’losser vir Rut.
God se Woord is ons daaglikse brood, ons krag om deur die
dag te kom en ons krag om teen Satan se aanvalle staande te bly. Net so is
Jesus se ligaam brood wat vir ons gebreek is, dus ons krag en die enigste
manier wat ons vir ewig kan lewe. Wanneer ons as ongelowiges in God se
koringland (die Bybel) graan gaan optel
werk God op dieselfde manier met ons as wat hy met Rut gewerk het. Eers tel ons
baie min are op. Ons kry hier en daar n’stukkie maar dit is nie genoeg om ons
te voed nie. Jesus plaas ons tussen sy “diensmeisies”of ander gelowiges om ons
te versterk en aan te moedig om meer op te tel. Die “diensmeisies” help ons om
die los stukkies uit die Bybel te verstaan sodat dit vir ons voedsel kan word.
Rut 2: 11-13 wys vir ons dat Jesus nes Boas na ons harte kyk. Hy stel nie
belang in wat ons sê of dink nie maar in n’opregte eerlike hart wat bereid is
om in Sy wëe
te wandel. Mattheus 9: 37-38, Markus 7: 24-30
Rut 2 Vers 14 wys hoe Jesus ons voed met brood. Boas beveel
Rut om haar brood in die asyn te doop (wyn). Die stuk lees asyn maar as mens
die woord wat gebruik is navors dan is dit eintlik n’bitter wyn wat tydens die
oestyd gedrink is. Die asyn of bitter wyn het n’dors beter geles as water.
Jesus is die enigste een wat ons geestlik kan voed en ons dors kan les Mattheus
15: 26-28 en Johannes 4: 13-15. Jesus word geestelik voorgestel as die Woord
van God maar ons weet ook dat die Woord van God die Bybel is. Jesus se Liggaam
word geestelik as brood en Sy Bloed as wyn gesien. Die siel van enige mens of
dier is in sy bloed. Dus Jesus se dood waar Sy Liggaam gebreek en Bloed gevloei
het word ons brood tot die ewige lewe.
Wanneer ons soos Rut met n’volkome hart graan gaan optel dan
sal Jesus sorg dat daar vir ons meer are laat val word sodat ons sterker en sterker kan
word deur die krag van Sy Woord. Rut word deel van die oes. Rut geringer as n’diensmeisie
en n’vreemdeling word deur Boas gelos - Rut 3. Die lossingsreg volgens
Deutronomium 25: 5 lees dat die broer van n’oorlede man met die oorledene se
vrou moet trou sodat die oorledene se naam nie uitgedelg sal word nie. Dit het
ook verseker dat vrouens wat nie inkomste kon verdien nie versorg sou word. Boas
maak nie van Rut net nog n’diensmeisie nie maar tree vir haar in as losser
sodat sy, sy bruid kan wees. Jesus is
die volmaakte losser vir ons. Ons wat eers vreemdelinge was word deur Hom gelos
(verlos) en soos Rut word ons Jesus se bruid.
Dit gebeur so dikwels dat ons n’Bybel boek lees en die hele
geestelike betekenis mis. Deur die boek Rut wys die Here nog voor Dawid se
geboorte sy velossingsplan. WOW!!!! Die Here wys hoe ons Verlosser ons Geestelik sal voed, ons dors kan les en
deur wie ons die ewige lewe kan beërwe. Die Here wys ook dat ons in SY
land gerwe moet optel en SY Woord ons daaglikse brood moet maak. n’God wat alles
so deeglik en noukeurig beplan is nie n’God wat ons in die steek sal laat nie.
Neem elke dag jou daaglikse brood uit SY Woord en HY sal in jou fisiese
behoeftes ook voorsien. Geloof is n’daadsaak!