Ons lees ons Bybels en sien die “stories”as blote kinder
stories. As ons maar net kon besef hoe gepas elke “storie”tot ons huidige lewe
is. Ek kan net God dank vir elke openbaring wat ek ontvang en kan oordra.
Ek bid dat elke persoon wat die boodskap lees dit sal kan
verstaan en iets daaruit kan wegneem wat sy geestlelike lewe sal veryk. Ek bid
dat geestelike blindheid genees sal word en dat die skrif homself aan elkeen
sal openbaar. Ek bid ook dat geen bose mag of krag die boodskap kan verdraai of
kaap vir hulle voordeel nie. My bede is dat die boodskap suiwer aan elkeen
oorgedra word en dat God se Mag, Krag en Naam hierdeur verheerlik mag word. Ek
vra alles in die ongelooflike naam van Jesus Christus ons Verlosser en Saligmaker.
God is sooo wonderbaarlik dat Hy slegs as ons Hom met ons
hele hart soek sekere waarhede en spirituele boodskappe aan ons openbaar. Die
volk Israel soos uitverkies deur God is n’weerspieeling en n’getuienis vir
elkeen van ons se lewens. God het gewone mense gebruik om vir ons te wys watter
implikasie sekere besluite wat ons neem op ons, ons gesinne en ons nageslag sal
hê.
Abraham het in die Here geglo en sy geloof is vir hom tot geregtigheid gereken.
Deur Abraham wys God vir ons dat as ons in Hom glo Hy ons en ons nageslag sal seën.
Wanneer iets in die Bybel plaasvind of
besluit word dan raak dit n’beginsel saak. Alle gebeure daarvandaan af sal
dieselfde beginsel geld. Dus beginsel is: glo in God en Hy sal jou en jou
nageslag seën.
Hy wys ook dat ons lankmoedig en geduldig moet wees soos Abraham was terwyl hy
moes wag op die beloofde seun Isak. God wys vir ons wat gebeur as ons ons eie
besluite neem soos Sara haar eie besluit geneem het toe sy Abraham versoek het om n’kind deur Hagar haar
slavin te verwek.
Die Bybel is dus meer as net n’storie boek. Dis n’boek met
spirituele beginsels wat spreek tot elkeen van ons se lewens; of ons nou in God
glo en of nie, die Woord is lewend en spreek. Dit is n’boek wat wette neerlê
en regspraak lewer. Om die Bybel te verstaan moet jy die “stories” ken en
daarom beteken dit dat jy dit sal moet lees! Om my verduideliking te verstaan
moet jy ongelukkig die eerste vyf boeke van die Bybel lees, indien jy dit nie
ken nie.
Ons word gebore in die wêreld sonder enige kennis van
wat reg of verkeerd is. Ons kies nie ons ouers of huis waarin ons gebore word
nie. Soos alle ander mense volg ons die wêreld wat ons ken en waarin ons
grootword. Ons is so deel van die wêreld soos wat die wêreld
van ons is. Net so het die Israeliete wat in Egipte gebore is in Egipte
grootgeword. Hulle is onderrig in Egipte se gebruike, stelsels en Godsdiens. In
Genisis 15 lees ons dat die volk Israel 400 jaar vreemdelinge in Egipte was en
hulle verlossing in hulle vierde geslag gekom het. In 400 jaar verleer n’generasie
maklik sy norme en waardes, veral as hulle vreemdelinge in n’land is. Dus teen
die vierde geslag was Abraham n’”storie”wat van geslag tot geslag oorvertel is
en die afgode van Egipte n’realiteit vir die volk Israel.
Die Bybel is vir meeste mense n’ “storie”en ons lewenswyse,
sisteme, kulturele norme, ekonomie en godsdiens n’realiteit. Net soos die Israeliete
is ons vasgevang in die wêreld wat geestelik deur Egipte voorgestel word. Ons is
slawe van hierdie wêreld en volg die wêreld slaafs na. Ons kyk die flieks van
die wêreld,
luister na die musiek van die wêreld en aanbid die afgode van die wêreld.
Ons is so deel van hierdie stelsel dat enigiets wat anders is vir ons vreemd is
en teen ons wêreldse norme is.
Hoe kan jy sê ek aanbid afgode? Maklik die Here het
dit vir my ook gesê en ek het dieselfde vraag gevra. Enige iets belangriker
as God is n’afgod. Is jou kinders belangriker? - dan is hulle jou afgod, is sosiale media belangriker? - dan is dit jou afgod. Ek kan nie bepaal wat alles vir jou afgode is nie, net God kan dit vir jou uitwys.
Ons lewe word geskud deur die Corona Virus en ons afgode val
een na die ander. Aanbid jy Bagus dan sal jy kwaad wees as jy nie drank in die
hande kan kry nie. Indien jy so vêr sou gaan om te steel om dit in die
hande te kry dan kan jy mos sien hoe groot Bagus in jou lewe is. Hou op drink
en kyk hoeveel mense is nog vriende met jou……. Wat doen mens nie vir sigarette
nie, betaal jy belaglike pryse en offer jy kos op daarvoor? Wil jy regtig vir
my vertel dat jy nie n’slaaf van sigarette is nie? Ek verstaan beter as wat jy
dink want ek self het gerook. As ek sê God is belangriker dan moet ek God eerste
stel en rook laaste….. makliker gesê as gedaan, veral as jy rook. Ek praat
nie eers van Mamon wat ons almal slaafs dien en waardeur ons almal ons siele
prysgee nie. Mamon is die grootse afgod in hierdie wêreld. As jy nie geld het nie
wil niemand jou ken nie, jy word n’bespotting en as melaats gesien. Mense sal
mekaar indoen net om geld te hê; hulle motto is ek sorg eers vir
myself. My liewe mens gaan al die geld in die wêreld Corona van jou af weghou?
Gaan jou geld, jou sekuriteit wees?
Net soos God Egipte se afgode aangespreek het so skud hy ons
wêreld
om ons afgode aan te spreek. Hy het deur Moses en die plae elke afgod
aangespreek en vir die Egiptenare gewys hoe nietig hulle afgode in der
werklikheid is. Nee ons smeer nie lammers se bloed aan ons deurkoesyne nie maar
Jesus se bloed aan ons harte. Min mense besef dat Covid uitgebreek het net voor
Pasga, nee nie Paasfees nie…. PASGA!!! Exodus 12: 43 -51. Besef ons regtig dat
die woorde “pass over” se betekenis is -
dat dit by my verbygaan, my huis nie tref nie? Besef ons dat Jesus tydens
dieselfde fees jare later gekruisig is? Mattheus 26, Markus 14, Lukas 22. Ek
dink min besef regtig dat Jesus se dood ons “pass over” - vryspraak was en
daarom kan ons leef. Die prys van sonde is die dood. Ek is sondig en daarom
moet ek sterf maar te danke aan Jesus kry ek die kans kry om te leef en sterf
hy in my plek.
Ons het n’keuse: bly in Egipte en dien die gode van hierdie
wêreld
of kom uit Egipte uit en dien God. Gaan dit maklik wees? Nee stellig nie, dis n’
onsekere woestynpad, soms n’alleenpad (jou familie en vriende wil nie altyd
saam met jou gaan nie – baie bly agter). Is dit die moeite werd? As jy in
Kanaan aan wil kom en die Here se beloftes oor jou lewe wil hê…..ja
dan is dit die enigste pad en meer as die moeite werd. Gaan God saam jou stap? Ja beslis Hy stap vooruit
maar jy moet Hom vertrou. Jy kan slegs die wonderwerke van God in jou lewe
ervaar as jy bereid is om Egipte agter te laat.
Here ek bid vir die persoon wat hierdie boodskap raak gelees
het en wat voor hierdie enorme besluit staan. Here neem hom /haar hand en lei
hulle op die pad van U geregtigheid. Here laat U engele hulle omring en hulle
rustig maak. Here hou alle aanslae van hulle af weg en help hulle tydens hulle
reis. Here ek weet U voorsien in al ons behoeftes en kan daarvan getuig;
voorsien so ook in hulle behoeftes en gee hulle die krag en genade om elke dag
aan te pak. Gee hulle u manna en water
sodat hulle dors geles en hulle versadig kan word deur U woord. Here open hulle
oë
sodat hulle onder leiding van U Heilige Gees die spirituele waarhede in U
woord kan raaksien. Ons vra alles in die
naam van Jesus Christus ons Verlosser en Koning. Amen

No comments:
Post a Comment